PLAAS TE KOOP : GRAAFF REINET
LIGGING: 40 km Suid van Graaff- Reinet, Wes van die R75
GROOTTE: 2210 ha
DRA KRAG: 3 Ha PER KLEINVEE EENHEID = 736 KLEINVEE OF 500
OOIE MET LAMMERS.
BESKRYWING: Hierdie is goeie Karoo vlakte grond met n
besondere verskeidenheid veld tipes. Daar is goeie leegte veld
met klimaks en pionier grasse ,stuike veld met granaat bosse en
groot gedeeltes met kwaliteit weiding en goeie populasies pruim-en
doringbome.
Die plaas is in 14 kampe verdeel (gemiddelde grootte 147h)Daar
is water punte na elke kamp vanaf 2 windpompe met sterk
ondergrondse water. Daar is ? verdere 3 boorgate wat gesink is
maar wat nie in gebruik is nie. Die kwaliteit water is goed en
het in die langste droogte geen verswakking getoon nie. Die
water word vanaf die windpompe na 3 sementdamme gegraviteer.
Daar is menigte grond dammetjies wat voldoende water voorsien
gedurende die reën seisoen.
Die grens drade is almal jakkals proef ,en die binnedrade is
skaapwerend.
Daar is twee stelle veekrale maar geen diptenk(.Eienaar gebruik
POUR-ON of inspuitbare parasiet -en bosluismiddels.)
Daar is geen woonhuis of ander verbeterings op die eiendom nie.
Algemene Kommentaar.
Hierdie is bo gemiddelde Graaff Reinet vlakte plaas wat
konserwatief deur die eienaar bewei word. Daar is tans 350
dorper ooie op die veld. Die veld is in goeie kondisie en
die verskeidenheid is goed.
Daar kan op elke hektaar gelam word en die plaas is omring deur
ander veeboere waar ongedierte beheer nog toegepas word. Op die
vlaktes is die ongedierte probleme ook heelwat minder as in die
berge.
Die prys van die eiendom is mark verwant.
Rede vir verkoop: Die grond behoort aan die eienaar se vrou wat
die geld vir ? ander belegging wil gebruik.
Die grensdrade is effektief ,maar in my opinie het hulle en die
krale aandag nodig.
Die koop sluit ook aantal springbokke in (min of meer
60-70)
VIR MEER INLIGTING SKAKEL MET:
LINDA HENDERSON
HENDERSON PROPERTIES
TEL : 049 833 0024
CELL : 083 299 1785